Hertzogprys
(2014)–Anoniem Hertzogprys– Auteursrechtelijk beschermdHertzogprysGa naar margenoot1Die Hertzogprys is die prestigeprys in die Afrikaanse letterkunde en heet na een van die grootste kampvegters vir Afrikaans: genl. J.B.M. Hertzog. Dit het in 1914 tot stand gekom deur 'n skenking van £1 200 wat genl. Hertzog vir dié doel gemaak het. Hy was in 1910 in 'n lastergeding gewikkel wat voortgevloei het uit sy stryd vir die onderrig van Hollands in die skole van die Vrystaat. Die geld het oorgebly uit 'n fonds vir die vereffening van genl. Hertzog se gedingkoste waartoe die Afrikaanse volk bygedra het en is deur hom onder beheer van die Akademieraad geplaas vir belegging en aanwending van die rente daarop vir 'n Afrikaanse letterkundige prys. Dit is gedoen ingevolge 'n notariële skenkingsakte, onder datum 27 Mei 1914. Oorspronklik, so blyk uit die skenkingsakte, was dit 'n wedstrydprys vir ingesonde stukke, maar op 15 Februarie 1923 het genl. Hertzog skriftelik toegestem dat alle gepubliseerde boeke vanself in aanmerking mag kom. In 1928 is met genl. Hertzog se toestemming, soos in 'n brief van 3 April 1928 te kenne gegee, besluit om die drie literêre vorme, nl. prosa, poësie en drama, afsonderlik om die beurt te bekroon. Volgens voorskrif van die skenkingsakte self, kon tydens genl. Herzog se lewe veranderinge in die voorwaardes aangebring word met sy toestemming. Na sy oorlye mag dit geskied by eenparige besluit van die Akademieraad. Gedurende enkele jare het ook "wetenskaplike prosa" vir die Hertzogprys in aanmerking gekom. So het prof. J. du P. Scholtz in 1943 die Hertzogprys ontvang vir Die Afrikaner en sy taal en dr. Coenraad Beyers in 1944 vir Die Kaapse Patriotte. In 1946 is die afdeling "wetenskaplike prosa" afge¬skaf. Hieruit het in 1947 die Akademieprys vir Geestesweten¬skappe ontstaan, wat sedert 1955 bekend staan as die Stalsprys vir Geesteswetenskappe. Die bedrag van die prys is in 1964 deur die Akademieraad verhoog tot R2 000 (uit Akademiefondse), maar in 1966 het die Akademieraad besluit om terug te keer tot die voorskrifte van die skenkingsakte en om die prys te beperk tot die rente op die kapitaal. In 1974 het die prys R900 bedra. (Kyk P.J. Nienaber: Die Hertzogprys vyftig jaar. Nasionale Boekhandel, 1965.) In 1978 is die prysgeld na R2 000 plus 'n goue medalje verhoog. Vanaf 1994 het Rapport Uitgewers 'n bykomende bedrag van R15 000 geskenk en vanaf 2003 is die skenking R20 000 per jaar sodat die prysgeld tans R22 000 beloop plus 'n 18 kar. goue Hertzoggedenkpenning. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Toekennings
|
1916 | TotiusGa naar margenoot2, Trekkerswee |
1926 | A.G. Visser, Gedigte |
1928 | A.G. Visser, Rose van herinnering |
C.M. van den Heever, Die nuwe boord | |
1934 | Totius, Passieblomme |
C.L. Leipoldt, Skoonheidstroos | |
W.E.G. Louw, Die ryke dwaas | |
1937 | I.D. du Plessis, Vreemde liefde en Ballades |
N.P. van Wyk Louw, Alleenspraak | |
1940 | N.P. van Wyk Louw, Die halwe kring |
1943 | Elisabeth Eybers, Die stil avontuur |
Belydenis in die skemering | |
1947 | D.J. Opperman, Heilige beeste |
1951 | Toon van den Heever, Gedigte (1919) omgewerkt tot Eugène en andere gedigte (1931) |
1962 | Ernst van HeerdenGa naar margenoot3, Die klop |
1965 | N.P. van Wyk Louw, Tristia |
1968 | Boerneef (postuum), (Al sy digbundels) |
1971 | Elisabeth Eybers, Onderdak |
1974 | Uys Krige, Uys Krige: een keur uit sy gedigte |
1977 | Wilma Stockenström, Van vergetelheid en van glans |
1980 | D.J. Opperman, Komas uit 'n bamboesstok |
1983 | Sheila Cussons, (Al haar digbundels) |
1984 | Breyten Breytenbach, "Yk" |
1987 | T.T. Cloete, Idiolek en Allotroop |
Jukstaposisie (eervolle vermelding) | |
Angelliera (eervolle vermelding) | |
1990 | Antjie Krog, Lady Anne |
1993 | T.T. Cloete, Met die aarde praat |
1996 | Ina Rousseau, n Onbekende jaartal |
1999 | Breyten Breytenbach, Oorblyfsels : 'n Roudig en Papierblom |
2002 | Henning Pieterse, Die burg van hertog Bloubaard |
2005 | Petra Müller, Die aandag van jou oë |
2008 | Breyten Breytenbach, Die windvanger |
2011 | Johann de Lange, Die algebra van nood |
2014 | Marlene van Niekerk, Kaar |
2017 | Antjie Krog, Mede-wete |
Voor drama
1926 | J.F.W. Grosskopf, As die tuig skawe |
Drie eenbedrywe | |
1935 | H.A. Fagan, Die ouderling en ander toneelstukke |
1944 | C.L. LeipoldtGa naar margenoot4, Die heks |
Die laaste aand | |
1952 | Gerhard Beukes, Langs die steiltes |
Salome dans | |
As ons twee eers getroud is | |
En, Agt eenbedrywe | |
W.A. de Klerk, Die jaar van die vuur-os | |
Drie vroue | |
Drie dramas | |
Vlamme oor La Roche | |
1956 | D.J. OppermanGa naar margenoot5, Periandros van Korinthe |
1960 | N.P. van Wyk Louw, Germanicus |
1969 | D.J. Opperman, Voëlvry |
1972 | P.G. du Plessis, Siener in die suburbs |
Die nag van Legio | |
1978 | Bartho Smit, Putsonderwater |
Moeder Hanna | |
Christine | |
Die verminktes | |
1981 | Henriette Grové, Ontmoeting by Dwaaldrif |
en al haar andere dramatiese werk | |
1985 | Uys Krige, (Al sy werke) |
1991 | Chris Barnard, (totale oeuvre) |
1994 | Reza de Wet, Vrystaat-trilogie |
Trits: Mis, Mirakel, Drif | |
1997 | Reza de Wet, Drie susters twee |
2000 | André P. BrinkGa naar margenoot6, Die Jogger |
2003 | Pieter Fourie, (totale drama-oeuvre) |
2006 | Deon Opperman, (vir sy drama-oeuvre tot 2005) |
2009 | Deon Opperman, Kaburu |
2012 | Adam Small, (vir sy drama-oeuvre) |
2015 | Tertius Kapp, Rooiland en Oorsee |
Voor prosa
1917 | Jochem van Bruggen, Teleurgestel |
1920 | Leon Maré, Ou Malkop |
1925 | Jochem van Bruggen, Ampie: die natuurkind |
1926 | D.F. Malherbe, Die meulenaar |
1927 | Jochem van Bruggen, Ampie: die meissiekind |
C.J. Langenhoven, Skaduwees van Nasaret | |
Sangiro, Diamantkoors | |
Twee fortuinsoekers | |
1930 | D.F. Malherbe, Hans-die-Skipper |
G.C. Hobson en S.B. Hobson, Kees van die Kalahari | |
1933 | Jochem van Bruggen, Die sprinkaanbeampte van Sluis |
1936 | Mikro, Toiings |
Pelgrims | |
1939 | D.F. Malherbe, Saul die worstelheld |
Die profeet | |
1942 | C.M. van den Heever, Laat vrugte |
1945 | Sangiro, (al sy prosawerk) |
1953 | M.E.R., (al haar prosawerk) |
1957 | Elise Muller, Die vrou op die skuit |
1958 | N.P. van Wyk Louw, (vir kritiese prosa en essay: |
Die mens agter die boek | |
Maskers van die erns | |
Lojale verset | |
Berigte te velde | |
1961 | F.A. VenterGa naar margenoot7, Swart pelgrim |
Geknelde land | |
1964 | Etienne Leroux, Sewe dae by die Silbersteins |
1970 | Karel Schoeman, By fakkellig |
n Lug vol helder wolke | |
Spiraal | |
1973 | Chris Barnard, Mahala |
Duiwel-in-die-bos | |
1976 | Anna M. Louw, Kroniek van Perdepoort |
1979 | Etienne Leroux, Magersfontein, O Magersfontein! |
1982 | Hennie AucampGa naar margenoot8, (al sy prosawerk) |
1984 | Henriette Grové, Die kêrel van die Pêrel |
1986 | Karel Schoeman, n Ander land |
1989 | Etienne van Heerden, Toorberg |
1992 | Wilma Stockenström, Abjater wat so lag |
1995 | Karel Schoeman, Hierdie lewe |
1998 | Joubert, Elsa, Die reise van Isobelle |
2001 | André P. Brink, Donkermaan |
2004 | Ingrid WinterbachGa naar margenoot9, Niggie |
2007 | Marlene van Niekerk, Agaat |
2010 | Etienne van Heerden, 30 Nagte in Amsterdam |
2013 | Ingrid Winterbach, Die aanspraak van lewende wesens |
2016 | Willem Anker, Buys |
Voor wetenskaplike prosa
1943 | J. du P. Scholtz, Die Afrikaner en sy taal |
1944 | C. Beyers, Buys |
- margenoot1
-
J.B.M. Hertzog
- margenoot2
-
J.D. du Toit
- margenoot3
-
Ernst van Heerden
- margenoot4
-
C.L. Leipoldt
- margenoot5
-
D.J. Opperman. Foto J.N. Theron
- margenoot6
-
André Brink. Foto Chris van Houts
- margenoot7
-
F.A. Venter. Foto Jakkie Pretorius
- margenoot8
-
Hennie Aucamp
- margenoot9
-
Ingrid Winterbach. Foto Andries Gouws